Tuesday, November 13, 2007

Gesiggie om lief te he

Dit gebeur as Isabella haar "kokies" laat rondle. Selfs ons mure loop deur. Pasop vir die klein mannetjie!! Christopher is n regte seuntjie en nou is die tyd om daai boompie te buig!!

Hy is nou 2 jaar en 9 maande. Kan nog nie regtig duidelik praat nie, maar hy beduie baie goed met sy vingertjie wat hy wil he. Vir hom het ons baie lief!!! Sou jy nie ook wees nie?, wie kan dan so n gesiggie weerstaan.

Casidra se jaar eind funksie

Vrydag aand 9 November, was Casidra se jaar eind funksie. Dit is my werk se een keer per jaar formele funksie. Jou tipiese prys uitdelings aand. Min Dowry (WesKaap Landbou minister) was die hoof spreker. Die toesprake was maar redelik vervelig soos gewoontlik maar die ete het darem opgemaak daarvoor. Dit was gehou by Backsberg wynlandgoed. Heel grand.

Ons het 'n kinder oppasser betaal om tot 11 uur na die kids te kyk. Geen laat aand party vir pappie en mammie nie. Moet se het nie eindlik meer die begeerte daarvoor nie.

Hier volg n paar fotos. Met ons aankoms by die saal. Die tema was "Afrika". Ons was in "donker afrika"


Kyk net hoe grys het ek geword die afgelope paar jaar. Hier sit ek met my grys kop onder op die foto.



Bien Donne Boeredag, 3 November 2007

Terwyl Evette besig was met die Kamersvol geskenke mark, het ek die Saterdag oggend (3 November) die kinders net lanks aan geneem na die Boere skou op Bien Donne (Tussen Paarl en Franschhoek).

Die hoof rede was om vir hulle te gaan diere wys wat hulle nie aldag sien nie.

Hier staan hulle by Perseron perde. Groot kragtige trek perde wat amper 1 ton weeg. Kyk dis moes nou perde krag die!!
Hier staan Isabella by omtrent 50 verskillende soorte hoenders. Onthou julle op skool het ons geleer van die Red Rhode Island's. Nou ja almal was daar. Die kinders noem hulle "Koekoe hane"
Wel hulle is nou nie regtig "Perdekrag" nie maar hier is n minituur perdtjie. Nie n ponie nie hoor. Hulle lyk soos regte perde maar net in n dwerg vorm. Ongelooflik om dit te sien.

Die kinders het dit vreeslik geniet. Ek het dit geniet om te sien hoe hulle dit geniet het. Ons is daar weg in stort reen en het nat-nat by die huis aangekom in Stellenbosch.

Kamersvol geskenke- 'n groot sukses!!

Kamersvol geskenke was vanjaar van af 31 Okt tot 4 November. Evette was een van die 3 organiseerders. Daar was n rekord getal besoekers van byna 6000 mense deur die mark.

Nou ja vir my was dit n groot opoffering want ek moes die hele tyd na die kinders kyk terwyl my vroutjie geld verdien. Is maar bly ek is nie huisvrou nie hoor. Soms is dit baie lekker om net soggens by die huis uit te stap en die skreeuende kindertjies tuis te los by hul mammie.

Nou ja om terug te kom by die mark. Dit was baie harde werk maar ek dink op die ou end was dit def die moeite werd. Nou moet die 100 verskaffers betaal word en wat oorbly kry die vroutjies. Hoop maar ek kry ietsie lekkers vir kersfees.

Baie mense het vir Evette kom se hoe great die mark was en ek moet se dat dit defenitief nie jou gewonde Kerk kermis mark is met koeksisters en gebreide poppe nie. O nee hierdie mark was n ervaring n belewenis met ambiaans in die hartjie van die Boland tussen die berge.

Weldone girls!!