Monday, September 24, 2007

Tietiesbaai 21 tot 24 Sept 2007

Hier is n paar Tietiesbaai fotos van ons kamp naweek. Dit was baie lekker maar ook nie heeltemal nie. Die kinders is nog nie 100% reg vir kamp nie, maar hulle kan seker ook nie al die skuld kry nie. 'n Mens kan net nie meer jou eie "vakansie" gaan hou nie. Daar is net geen riumte vir eie selfsug nie.

Daai lekker middag slapies bestaan nie meer nie, maar ek weier om dit te aanvaar. Hoop dat dit eendag weer daar sal wees. Dit was Saterdag my 39ste verjaarsdag. Behalwe dat ek my gesin moes herrinner so teen 9 uur die oggend dat ek verjaar was dit n lekker dag!!







































































Thursday, September 20, 2007

Langnaweek by Tietiesbaai

Vrydag oggend, 21 Sept.

Ek het vanoggend 7 uur begin werk sodat ek al 3:30 kan loop by die werk. Ons caravaan is gisteraand gepak en sit reg vir die Wes kus. Ons beplan om vir 3 nagte te gaan staan by Tietiesbaai.

Ons het al daar gaan staan en die kinders geniet dit vreeslik. Nie eindlik 'n swem see nie want die water is te koud maar dis net 'n heerlike rustige wegkom naweek. Die weer voorspelling lyk nie so goed nie maar ons hoop maar vir die beste.

Wednesday, September 19, 2007

Nog fotos van ons dierbare kinders








Leeu Gamka werks trip

Gister en vandag was ek Leeu Gamka toe in die Karoo. Een van my projekte is daar. Dit is n Gemeenskaps Kwekery wat ons namens Dept Landbou help stig en op die been kry. Ontwikkelings werk is maar nie maklik nie en politiek loop maar redelik dik. Veral as die tussen verkiesings nader kom. Dan wil al die politisie resultate he oor “hul” goeie werk in die gemeenskappe.

Ek het gister eers gaan plante oplaai in Tulbagh by die bosbou kwekery daar en daarna via Ceres gery na Leeu Gamka toe. Die pad vat jou deur Ceres, oor die Theronsberg pas waarna jy dan afdraai om net voor Touwsrivier by die N1 aantesluit.
Die spesifieke pad het twee spesiale goed aan hom:
1. Dit was die pad wat my pa altyd skoolkar gery het vanaf Middelpos deur die Ceres Karoo na Wellington waar ons op Hoerskool was.
2. Net voor die N1 indraai is daar n plaas wat aan die weermag behoort het waar ons vir 4 weke was tydens ons basiese opleiding in 1987. Hier het ek vir die eerste keer geskiet met ‘n R4 geweer en geleer om die R4 in die nag uitmekaarte haal en weer aan mekaar te sit. As ek reg onthou kon ek dit doen binne 1 min. Those were the days!

Hier is 'n foto van die padbord wat ek laat opsit het lanks die pad by Leeu Gamka.

So as julle weer daarlanks ry draai gerus in.

Die manne sny hare

Saterdag middag die 15de was hare sny dag vir die Lombard manne. As Evette nou ‘n fout sou maak is daar darem nog twee weke oor voor Minki se troue. So ons hare kan darem ‘n bietjie herstel. Maar teen die tyd weet Evette al wat om te doen en die ergste skade en skade is gelukkig verby na sewe jaar se geoefen.

Evette wou eers vir Christopher ‘n styl sny maar toe hy so n keel opsit het ons besluit dat ‘n No4 kammetjie maar die ding gaan wees en is die Wahl masjientjie voor ingedruk en agter uitgekom. Lyk my dit gaan maar die patroon wees vir die volgende jaar of twee.

Ons hare se sny het egter die klimaat laat verander want vanaf Sondag het ons dag temperature begin klim tot lekker middel 20’s.


Sondag het Martin en Wilma Grobler en hul 3 kinders by ons kom braai.

Ek ken vir Martin deur my vriend Jan van Wageningen van Knysna. Martin het ook saam gejag met ons Willowmore trip in Junie vanjaar en hy is een van die manne wat baie hard geval het toe die jag bakkie se relings breek toe ons om die draai gaan.

Die arme man!! Hier is 'n foto van Martin en sy vrou Wilma.

Thursday, September 13, 2007

Nutritional Brands

Nutritional Brands is n baie opwindende nuwe besigheid wat Suid Afrika geslaan het met n storm. Hulle versprei die nuutste "nutritional" produkte op die mark

Hier is iets meer oor hulle op hul website www.nutribrands.co.za

"At Nutritional Brands we believe in healthy living and we enable people to just that!

Specialised Nutritional Brands (Nutribrands) was created in 2006 to manufacture and distribute nutritional products of the highest quality. Our professional team is committed to excellence and we strive to be a market leader in the nutritional products arena.

The wellness industry is in its infancy stage in South Africa, but major trends have already been established by health education and benefit programme initiatives. The first South African health shop franchise was only launched in 2006, but into a yet untapped market. We at Nutritional Brands pride ourselves in our ability to attract top quality nutritional products to the South African Market.

One such product is NucleoTM.

NucleoTM has been developed to be distinctively unique and no other product exists like it at present. The reason for this is that 43 well-researched nutritional bio-actives have been added to this one product. NucleoTM aims to take the concept of 'all-in-one' to a new level!"

Jacques de Bruin (Evette se broer) is een van die top manne by Nutritional Brands. Kontak hom gerus!! Op hierdie stadium kry ek geen verwysings fooi nie en doen slegs die aanbeveling omdat hulle produkte uitstekend is!

"Jacques de Bruin holds a Masters Degree in Electronic Engineering. As an entrepreneur he has pioneered various business projects and ventures and he is currently serving as director with The Source Nutrition Projects (Pty) Ltd. Jacques networks internationally with business networks and funding agencies and is a vital part of the success of our team."

If you could but see !!

Die onderstaande gedeelte is presies soos ek vandag voel. In my is daar weer 'n hernu-de wekroep om te spyte van...die Here God Almagtig te begin loof en prys vir sy werk in ons lewens. Hy sal ons uitbring by ons bestemmings!!

Ek vertrou dat dit vandag vir jou ook van groot waarde sal wees as jy dit lees.

The Trumpet by Bill Burns-- Little children, if you could but see. If you could see with eyes of vision the future that I have for you. If you could perceive the destiny that I have for you. If you could understand that even before the beginning of time it was purposed in My Father's heart to bring you forth in glory and cause you to walk in places that you have not experienced. Do not be afraid, for I shall indeed give you hind's feet that you may climb upon the high mountains and come up to the Mountain of the Lord. You have heard that this is your greatest hour, and it is so. But, the enemy is raging against you, and you have endured times of warfare that have weakened you and caused you to doubt and even to despair. But, I say that if you will call on Me I will renew in you a strong and healthy spirit. So, arise in this moment and find new life. Arise and receive the favor of your Father. Forget those things which are behind, and press toward the mark of the high calling of My Father's purpose for you and you alone. Come today and lift up your voice in praise. Lift up your voice with thanksgiving, for you shall surely be renewed, says the Lord God.

Small Straws In A Soft Wind by Marsha Burns-- Just as deep calls to deep, My Spirit calls to your spirit to come up higher. I have gone before you to prepare a place, a new plateau in the spirit realm where you will know Me and experience My presence as never before. Quiet your soul; do you hear the cry of the Spirit? Do you feel the stirring within you? I am the Way-maker, says the Lord, and I have set a path before you. So now, come. Move to the sound of My leading, you who have ears to hear!

Psalms 42:7 Deep calls unto deep at the noise of Your waterfalls.

Terug by die werk

Ek het vanoggend weer begin werk na 3 dae in die bed. Dit was baie goed gewees. Goed gerus en weer my kragte opgetel. Evette is baie jaloers en wil weet wanneer 'n Ma dan kan afvat van haar werk af as sy siek en gedaan voel. Goeie vraag en die antwoord daarop lyk my is maar 'n "aag siegtog my sweetie, dis baie erg, ek verstaan en ek kry jou jammer". Dis al wat hulle wil hoor, dat hulle verstaan word en waardeer word. En met Evette is my bedoeling opreg.

Ek het besluit om my rugby poll te verwyder want dit is heel duidelik dan Namibia dit gaan wen. Vandag verjaar my vriend Heiko Weck. Baie geluk en mag jy n baie mooi jaar beleef. Vrede vir julle in Windhoek.

Geloof. Ek gaan tans deur 'n gym sessie om my geloof spiere te bou. Dit vat baie uit my uit want ek vertrou die Here vir n paar dinge in my lewe wat moet draai. Ek is ingeteken op 'n epos Spirit of Prophecy Bulletin van Bill and Marsha Burns. Hulle noem dit: Small Straws In A Soft Wind

Hier is gister se gedeelte deur Marsha Burns
September 12, 2007: Rise up to meet the challenges of every circumstance with the assurance of complete victory. This is faith. I have equipped you to overcome every problem by the power and authority I have given you. Believe that you are above only and not beneath, and you will be victorious in all things. Every time you adopt the attitude of a victim you are not exercising your faith, but at the very least are double-minded and perhaps even in unbelief. Stir yourself up to walk in the Spirit by faith, says the Lord.

Ons is tot alles in staat deur Christus Jesus wat ons die krag gee!!

Sunday, September 9, 2007

Namibia wen wereld beker 2007!!

Namibia wen wereld beker 2007!

Volgens my blog opname oor wie ons lesers dink die Wereld beker rugby gaan wen het Namibia bo uitgekom. Dit nogal met ‘n oorweldingende meerderheid van 26 stemme teen slegs 4 stemme vir die Bokke.

Dan was daar ook nog wraggies 2 stemme vir die All Blacks en 1 vir die Aussies. Ek kan dit nie glo nie veral nadat die Springbokke, Namibia verneder het met 103 – 14 in Kaapstad ‘n maand gelede.

My stelsel kan ongelukkig nie verhoed dat een persoon slegs eenkeer kan stem nie. Daar word dus onraad vermoed . Veral een van my blog lesers word daarvan verdink dat hy aanhoudend vir Namibia gestem het. Hy is ‘n ene Mnr Hi-tjie Weck van Windhoek. Hy was te bang om rugby te speel toe ons saam in Majuba was op Stellenbosch.

Nou moet ons gedurig na epos video clips kyk van sy seun Miggie Migiel (foto hierbo) hoe hy een drie na die ander druk om klipharde grond rugby velde van Namibia. Moet sê selfs ek is beindruk met klein Weck se drie druk vermoë. Maar hier het ons nou ‘n tipiese Pa wat sy droom uitleef deur sy seun.





Hier is n redelike onlangse foto van Mnr Heiko Weck, die vermeende blog blaffer!!





Ek voorspel dat Namibia laaste in hulle Groep gaan eindig en gevra sal word om asb nie weer op internationale vlak rugby te speel nie. Kom ons kyk liewers Keetmanshoop teen Rehobot.

Viva die Bokke viva!!

Siek verlof


Vandag is Sondag 9 September. Kan nie wag vir 3:30 wanneer die Bokke afskop vir hul eerste WB game teen Samoa.

Die onvermydelikheid het toe gebeur. Ek is saterdag na my dokter toe en eks ge-bed tot Woensdag toe. Na twee weke van griep, spierpyne en hoofpyne kon ek net nie meer nie. Come hell or high water maar nou gaan ek rus, want die afgelope twee weke was ek in George, Beaufort Wes, Henkries (op die Namibiese grens), Bredarsdorp en Grabouw toe.

Dit alles onder die redelike druk van die Hollanders wat ek moes vergesel. Nie alles was darem vir my sleg nie want hulle het my ook redelik uitgeneem vir aand en middag etes (Lanserca en wijnhuis ondermeer) maar werk by werk ne. Moet se ek het dit geniet en as dit nie vir my gedurige siekte was nie so dit baie lekker gewees het.

Goed, terug by die huis. Alles gaan goed. Dit lyk of die lente stadig maar seker begin kop uitsteek. Ons groot wilgerboom begin maak sy eerste nuwe blare en die jasmyn staan in blom. Met die kinders gaan dit goed. Hulle is n handvol en ek dink ek sal seker altyd daarna verwys. Ek dink ‘n mens moet op 23 trou en al jou kinders he voor 30. Want hulle vat en vra alle laaste energie uit n mens uit. Miskien voel ek seker net nou so want Evette is tans saam met my op antibiotika vir brongitis en griep. Die een wat die beste op n bepaalde oomblik voel gee aandag aan die kinders. Veral in nag is daar eers n redelike relaas oor wie moet opstaan as die kinders huil. Moet se hulle huil darem nie te veel in die nag nie maar glo my teen 5h30 is hulle wakker en wil hulle gewoontlik dadelik aandag he.

Ons oggend roetine is iets soos volg:
Een van die twee kinders stap teen 5h30 of 6h00 in ons kamer in en se dat hulle wil gaan TV kyk.
Dan staan ek of vroulief op en sluit die gangdeur oop en sit al die nodige ligte aan en ook die TV. Soggens is daar redelike kinder programme op TV1. Ons het nie Mnet of DSTV nie
Die kinders word in komberse toegedraai voor die TV en daar gaan ons. Soms stel ek n DVD voor en word dan spesifiek verwys na een. En pasop as ek ‘n kortpad wil vat om Chicken Little optesit in plaas van Cinderella. Dan kry jy nog Cinderella 1 en 2. Isabella weet presies wat sy wil he.
Dan gaan maak ons Oats pap. 1 Koppie Oats en 3 koppies water in ‘n plastiese bak vir 7 min in die mikrogolf oond doen die ding.
Dan koffie vir mammie en pappie.
Ek probeer dan om weer vir so 10 min te gaan warm word in die bed maar Owee, dan roep Isabella. Pappa waar is my pap, ek wil pap he.

Klink dit bekend aan iemand ? Ons werk hard aan die maniere maar laat soms Gods water oor Gods akker loop.

Nou ja so begin elke dag min of meer. My getroue blog lesers sal sien dat ons redelik skryf oor ons kinders want hulle is so n belangrike deel van ons daaglikse bestaan dat hulle redelik die “show” steel.

Thursday, September 6, 2007

Pasop vir Outsurance

Evette was gisteraand op Pasella. Ons het almal by Jan en Amelia se huis saam gekom en die program te kyk. Dit was great en ons het dit almal na die tyd gevier met sampanje en koek. Hoop regtig dit gaan n goeie spin-off he.

Vandag was ek saam met die Hollanders Bredarsdorp toe vir nog meetings oor hul lae koste verhittings model. Heel uitputtend weereens veral omdat ek so siek is. Ek hoes geel sluim uit. (sorry blog lesers vir die detail maar dis maar n naar storie die)

Yes moet vir julle se dat as dinge skeef loop dan loop dit lekker skeef. Ons het so 5 maande gelede hierdie great sisteem via ons geyser ingesit was warm water omsit in gedistilleerde water. Na ons naweek weg kom ons toe aan hy n huis met koue water. Dit het die vorige keer ook gebeur dat sodra jy die sisteem vir twee of meer dae nie gebruik nie hy outomaties afskakel en dan nie weer wil aanskakel nie. Wat 'n gemors, maar ons vriend Sarel wat n glasblaser is en die sisteem aan ons bemark het, help darem baie. Ons is sy proefkonyne en sal eers later betaal as al die pyne uitgesort is.

Anyway teen gister aand wat dit dag twee sonder n warm stort. Griep sweet en al is ons maar weer sweet sweet in die bed geklim net ons teen 1 uur vanoggend water te word van water wat deur ons plafon le en drip en drip en drip. Op daai oomblik kry jy jouself baie jammer. Ons motor is laasweek ingebruik en geprobeer steel met die gevolg dat 'n nuwe deurslot en starter my R4500 kos. En wat is Outsurance se bybetaling- slegs R1410. Kan jy dit glo!! Ek het later vir Darryl van Outsurance gevra om met 'n afrikaans sprekende mens te praat want my engelse taal het my in die steek gelaat veral toe ek hulle presies vertel wat ek dink van hul diens en hul kamma wonderlike TV advertensies van presies hoe oulik hulle is. In kort ek kon hulle nie meer lekker in engels uit%$# nie.

Die water is darem teen vanmiddag 5 uur herstel en ek kon nie meer wag nie en het maar 'n lou stort verkies bo my gesweete liggaams reuke.

Tuesday, September 4, 2007

Die dam loop oor

Terug in Stellenbosch en lekker moeg en gatvol siek gewees. Ons hele gesin hoes en ek en Evette is lekker siek. Vandag op pad terug het ons gou gestop lanks die Clanwilliam dam om Christopher se doek te ruil. Hier staan hy by die dam wal afgeneem. Die dam is 100% vol en daar is twee sluise oop. Nogal lekker om te sien.

Ek het vanoggend vanaf Henkries terug gery en die gesin gaan oplaai op Vanrhynsdorp waar ons 'n lekker maar uitputtende naweek gehad het. Die kindertjies is net te veel vir Oupa en Ouma, veral ouma se senuwees hou dit nie, veral as die huis so deurmekaar begin raak. Ons het maar net weer besef dat my ouers nou ouer word en dat ons nie meer vir langer as twee dae by hulle aan huis kan gaan oorbly nie.
Moet se ons griep toestand het daartoe bygedra want ons was bykans die hele naweek net in die huis.
Anyway ons is terug by die huis wat great is. More ry ek die 3 Hollanders weer in die Boland area rond as deel van my werk. Nou gaan ek eers slaap. Hoop die kinders slaap goed vanaand wat ek en Evette is retig gedaan. Net weer Evette hulle se website. Hy is nou "live"
www.kamersvol.com

Cheers!!

Sunday, September 2, 2007

Vanrhynsdorp naweek

Ons is gister oggend vroeg uit Stellenbosch en het so teen 11:30 op Vanrhynsdorp aan gekom. Ek het maar swaar bestuur want my hele lyf was so seer van die griep of verkoue en ek hoes my longe uit.

Oupa Nico hulle het my darem dadelik begin dokter met pille en hoesstroop saam met brandewyn en tab. Miskien was dit laasgenoemde maar vanaand (Sondag aand) voel ek heel wat beter.

Ai wat n voorreg is dit nie nog om 'n ouers huis te he nie. Moet se ons geniet dit vreeslik. Die kindertjies is mal oor oupa en ouma veral oor die chips, droewors en skuinskoek en die sweets. Dryf natuurlik hul ma teen die mure uit na dag twee en ek moet dit hoor dat ek saamspan in die hele komplot van verkeerd eet.
Die weer is glad nie goed om te gaan blomme kyk nie en ons was ook almal te siek daarvoor. Evette hoes ook kwaai en eindlik is ons almal moeg en uitgeput. Sowaar 'n uitkoms hier by ons ouers. Shoe kinders grootmaak is maar vir my en Evette nie maklik nie. Miskien is dit makliker vir ander ouers maar kyk dis nie kinderspeletjies nie. Veral Christopher is op 'n moeilike stadium van nie kan praat en frustrasies met komminikasie ensovoort.

Ek moet more oggend Papendorp toe (naby Vredendal) om te gaan werk vir Casidra. Ons bou 'n voel uitkyk punt daar en ek moet die materiaal lys gaan kontroleer want al die materiaal was eens op n tyd daar maar....

More middag 2 uur kom laai my baas my op in Vanrhynsdorp en ry ons dan Henkries toe (Naby Vioolsdrif) vir ons 3 maandelikse bestuurs vergadering. Evette en die kinders bly agter tot Dinsdag middag wanneer ons weer terug ry Stellenbosch toe.

Wag ek moet gaan want hoor weer 'n kind huil.... of is dit 'n vrou??