Isabella Christopher
Thursday, August 30, 2007
Isabella en Minki
Evette het vanoggend vir Isabella geneem om haar strooimeisie rokkie finaal te gaan aanpas in Durbanville vir Minki se troue. Vir die wat nie weet nie en wat nog nie so mooi opgelet het na Isabella se skoonheid nie, Minki en Bellie is eie niggies. Hulle is die enigste twee dogters aan die Lombard kant van die familie. 

Minki en Constant Visser trou die 29 ste September en die familie is omtrent in 'n beroering. Almal is op 'n streng dieet, soek nou al pakke klere en die meeste is heeltemal te veel gespanne. Maar dis maar in die familie en after all - dis tog 'n groot ding.
Nou soos julle sien is ons genooi na die troue. Sorry vir al julle wat gaan uitmis want dit behoort 'n groot party te wees. Isabella is al vreeslik opgewonde.
Hier is nog 'n fototjie waar Isabella haar rokkie aanpas.
Wednesday, August 29, 2007
Twee dae op die pad
Ek het Maandag oggend dou voor dag George toe gery vir 'n vergadering met Dept Landbou en 3 Hollanders. Hulle is van die firm Fiwihex en "claim" dat hulle greenhouse/tonnel met lae koste energie kan verhit en verkoel. Na die powerpoint lesing is ons toe na Suraya Cassiem (die BEE vroue boer wat ek help) se plaas in die Langkloof. Al hoewel sy nog nie haar eie tonnels het nie wou hulle gaan kyk na haar proteas.
Gister oggend is ons in twee voertuie Beaufort Wes toe na 'n tonnel projek daar. Vandaar is die hollanders terug George toe en ek via Leeu Gamka terug Stellenbosch toe. Was heel uitgeput toe ek by die huis kom, maar moes sommer dadelik weer inspring om die kinders te help bad ensovoorts. Saam met dit voel ek baie sleg met lyfseer en keelseer en verkoue. Die ding wil maar net die los nie.

Sunday, August 26, 2007
Nuwe afdak
Ons het onlanks ‘n afdak opgesit in ons binnehof. Nou kan ons vanuit ons sitkamer buitentoe stap sonder om nat te reën. Die foto hier wys hoe die dak lyk. Ek het die dak self opgesit en vol nogal baie trots daarop.
Ek het die afmetings gemaak. Die hout balke gaan koop asook die sinkplate en polikarkonaat plate wat deurskynend is want ons wil nie soseer die son heeltemal uitblok nie. Ek het toe oor ‘n kwessie van ‘n paar weke die dak stelsigmatig opgesit. In die proses het ek nie my waterpas levels lekker reg gekry nie en die water afloop is maar flouerig. Ek het nie genoeg val toegelaat nie. (Wil iemand miskien ‘n dak laat opsit, ek sal kom kwoteer.) Inteendeel, daar is ‘n deel aan die onderpunt van my afdag waar die water staan en nie afloop nie. Sal nou maar ‘n nuwe plan moet maak met dit.
Die twee strukture met die twee pilare elk het ek egter laat doen deur messelaars. Ek het die eerste twee manne na dag twee in die pad gesteek omdat hulle volgens my te stadig
gewerk het, want ek moes hulle per dag betaal het. Het agterna gedink dat ek miskien te hard op hulle was. ‘n Paar dae later het ek die volgende twee manne n kans gegee en hulle het vir my toe die pilare opgesit en gepleister. Ek was tevrede met hulle job. Die 4 pilare het ons vir R500 elke gekoop by Pipino lanks die N1 nabt Kraaifontein.
Nou moet ek nog net die vissie laat water spoeg (ons water fonteintjie) dan is ons afdak klaar. Moet se ons geniet dit al klaar baie.
Ek het die afmetings gemaak. Die hout balke gaan koop asook die sinkplate en polikarkonaat plate wat deurskynend is want ons wil nie soseer die son heeltemal uitblok nie. Ek het toe oor ‘n kwessie van ‘n paar weke die dak stelsigmatig opgesit. In die proses het ek nie my waterpas levels lekker reg gekry nie en die water afloop is maar flouerig. Ek het nie genoeg val toegelaat nie. (Wil iemand miskien ‘n dak laat opsit, ek sal kom kwoteer.) Inteendeel, daar is ‘n deel aan die onderpunt van my afdag waar die water staan en nie afloop nie. Sal nou maar ‘n nuwe plan moet maak met dit.Die twee strukture met die twee pilare elk het ek egter laat doen deur messelaars. Ek het die eerste twee manne na dag twee in die pad gesteek omdat hulle volgens my te stadig
gewerk het, want ek moes hulle per dag betaal het. Het agterna gedink dat ek miskien te hard op hulle was. ‘n Paar dae later het ek die volgende twee manne n kans gegee en hulle het vir my toe die pilare opgesit en gepleister. Ek was tevrede met hulle job. Die 4 pilare het ons vir R500 elke gekoop by Pipino lanks die N1 nabt Kraaifontein.Nou moet ek nog net die vissie laat water spoeg (ons water fonteintjie) dan is ons afdak klaar. Moet se ons geniet dit al klaar baie.
Vriende oor vir 'n braai
Gisteraand/middag het ons universiteits vriende, Thomas en Ester Mouton en Janco en Evelyn Jacobs vir ons kom kuier vir ‘n baie lekker vriende braai.
Ons probeer om een keer per kwartaal by een van ons te eet. As ‘n mens ook nie moeite maak met mekaar nie kan jy maklik jou vriendskaps bande verloor. Hulle is vir ons regtig baie speasiale vriende veral omdat ons kinders amper ewe oud is. Die kinders het lekker saam gespeel. Thomas hulle woon in die Paarl en Janco hulle woon op 'n plaas naby Villiersdorp.

Die weer het wonderlik saam gespeel nadat dit vanjaar 'n baie laaang winter was met heelwat reen. En winter is nog nie eers verby nie. Gister was 'n pragtige sonskyn dag.
Ek sien Suid Afrika het in n opwarmings wedstryd vir die wereld beker rugby gisteraand vir Scotland 27 - 3 gewen. Ons het nie M-net nie en het maar so deur die gekuier dit op die radio geluister.
Hier is die familie Mouton:
Ester
James
Friday, August 24, 2007
Evette op Pasella
Evette het Woensdag 22ste ‘n Pasella shoot gedoen by Simondium logde naby Bien Donne waar hulle hierdie jaar Kamersvol Geskenke gaan hou vanaf 29 Oktober tot 4 November vanjaar.
Evette , Amelia en Wanda dryf vanjaar se kamersvol geskenke. Kyk gerus na hul website by http://www.kamersvol.com/ vir meer inligting. Evette en Amelia het die maak en opmaak van kreatiewe geskenke gedemonstreer aan Pasella kykers. Moenie hieride episode misloop nie.
Die program wat op die 5de September uitgesaai gaan word se tema is “Gee”. Charlene Truter was die aanbieder met die verfilming. Dit was baie interresant om te sien hoe hulle so ‘n shoot doen en Evette se 5 min Woensdag aand op TV het sowat 4 ure gevat om gedoen te word. Sy moes die aksies oor en oor doen en dan is daar ook van verskillende hoeke ook nog afgeneem.
Ek en Evette het saam met die Pasella span middagete geeet.
Evette , Amelia en Wanda dryf vanjaar se kamersvol geskenke. Kyk gerus na hul website by http://www.kamersvol.com/ vir meer inligting. Evette en Amelia het die maak en opmaak van kreatiewe geskenke gedemonstreer aan Pasella kykers. Moenie hieride episode misloop nie.Die program wat op die 5de September uitgesaai gaan word se tema is “Gee”. Charlene Truter was die aanbieder met die verfilming. Dit was baie interresant om te sien hoe hulle so ‘n shoot doen en Evette se 5 min Woensdag aand op TV het sowat 4 ure gevat om gedoen te word. Sy moes die aksies oor en oor doen en dan is daar ook van verskillende hoeke ook nog afgeneem.
Ek en Evette het saam met die Pasella span middagete geeet.
Die twee kinders
Isabella is op ‘n baie oulike stadium. Teen die tyd praat sy bykans alles en ‘n mens moet maar versigtig praat voor haar. Sy is tans by Tia in Lofkleuters waar sy baie goed aangepas het die afgelope jaar en ‘n half. Sy is veral baie lief vir inkleur. Veral pink. Al haar prente is gewoonlik
heeltemal pink.
Isabella wat kan ek nog van jou se.
Haar antwoord:
“Ek het baie speelgoed”
“By ouma is daar ook speelgoed baie”
“Ek hou van swem in ouma se swembad”
Isabella is volgens Evette hoogs kreatief. Sy teken feetjies, hasies en prinsesse en blomme, paddas en bye.
Christopher gaan van die begin van die jaar af ook na ‘n skooltjie toe nl Suikerklontjies.
Hy is n regte suikerklontjie. Het ook goed aangepas. Hy kan nog nie eindlik praat nie en mompel die meeste van die tyd. Hy sê om een of ander rede maklik “uit hê”, ook eina, mamma en Ouma, dors en stap (heel nuutste). Hy is mal oor water. As daar ‘n plasie water is speel hy daarmee. Gooi graag water.
Hy kan sy ma teen die mure uitdryf as hy eers begin kerm en huil. Maar hy is die duurbaarheid van self. Byt nog af en toe sy sussie en is baie lief om pad te vat. Ons moet omtrent hom dophou anders loop hy weg soos toe hy Paasnaweek vanjaar vir meer as ‘n halfuur weg was by die Bulshoek dam. Dit was erge drama. Hy het na die naaste werkershuise gestap en ons het gedink hy het in die dam geval.
heeltemal pink.Isabella wat kan ek nog van jou se.

Zanzibar vakansie Junie 2006
Ons was die laaste week van Junie 2006 vir 9 nagte Zanzibar toe. Oupa en Ouma de Bruin het na ons kinders gekyk en dit was vir ons soos n tweede honeymoon.Ek plaas n paar fotos want dit sal baie meer se as wat ek hier kan skryf. Dit was vir ons n ongelooflike tyd van RUS en wegkom.
Stonetown staan uit met sy klomp doolhowe en markte. Mmmm.. veral daai n
agmark met die heelike visgeregte en seekosse. Ons was ook vir 5 nagte lanks die eiland se ooskus by Paje.
agmark met die heelike visgeregte en seekosse. Ons was ook vir 5 nagte lanks die eiland se ooskus by Paje.Dit was Worldcup sokker 2006 op daardie stadium en ons het letterlik in die aande op die stand gaan sokkerkyk op n BIG screen in n restaurant, heerlik geeet aan seekos geregte en drankies gedrink, dan gaan slaap tot laat oggende. Daarna het ons gaan le in die son tot 12h00 waarna ons weer gaan eet en slaap het tot die aand om dan net weer te gaan uiteet.
Kan Zanzi vir enige iemand aanraai wat wil gaan rus.
Die begin storie
Ons begin ons storie op 24 Augustus 2007!
Die doel van hierdie website/blog is om dagboek te hou waarop ons eendag kan terug kyk op ons familie se ervaringe en opgroei. Asook om dit te deel met die mense na aan ons.
Ons familie het gegin op 22 Januarie 2000 om 5 uur die middag onder 'n groot Kamfer boom by Bien Donne plaas tussen Paarl en Franschhoek. Daar het ons, Christoff Lombard en Evette de Bruin trou beloof aan mekaar.
Sewe jaar later het die Here ons geseen met twee pragtige kinders. Isabella is nou 4 jaar en 3 maande en Christopher, nou 2 jaar en 6 maande.
Tans woon ons nogsteeds op Stellenbosch in Die Boord.
Ons lief en leed wil ons graag met julle deel.

Subscribe to:
Posts (Atom)