Tyd vlieg darem vinnig en n mens het soveel verwagtinge dat jy gereeld gaan blog en dagboek hou. Tog gebeur dit nie. Dit gaan goed met die Lombards. Almal gesond en vet.
Die kinders raak vinnig groot. Isabella is Sondag 6 jaar oud en Christopher is 4 jaar. Ek geniet my kinders baie. Christopher slaap tans tussen my en Evette. Hy piepie se elke 10de nag die bed nat maar dis OK.
Ek gesels deesdae vreeslike lekker met kom in die bed. Dis vir n baie kosbare tyd. Die GROOT nuus is dat hy sy hartjie vir Jesus gegee het eergisteraand. Ja, hy het agter my aangebid! Wat n wonderlike ervaring!! Mag Die Here hom altyd seen!!
Isabella kan nou al aftrek somme in engels doen. Six nights before her birthday, then five then four. Wow sy word so groot.
Tuesday, May 19, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)