Hy is nou 2 jaar en 9 maande. Kan nog nie regtig duidelik praat nie, maar hy beduie baie goed met sy vingertjie wat hy wil he. Vir hom het ons baie lief!!! Sou jy nie ook wees nie?, wie kan dan so n gesiggie weerstaan.
Tuesday, November 13, 2007
Gesiggie om lief te he
Hy is nou 2 jaar en 9 maande. Kan nog nie regtig duidelik praat nie, maar hy beduie baie goed met sy vingertjie wat hy wil he. Vir hom het ons baie lief!!! Sou jy nie ook wees nie?, wie kan dan so n gesiggie weerstaan.
Casidra se jaar eind funksie
Bien Donne Boeredag, 3 November 2007

Wel hulle is nou nie regtig "Perdekrag" nie maar hier is n minituur perdtjie. Nie n ponie nie hoor. Hulle lyk soos regte perde maar net in n dwerg vorm. Ongelooflik om dit te sien.
Die kinders het dit vreeslik geniet. Ek het dit geniet om te sien hoe hulle dit geniet het. Ons is daar weg in stort reen en het nat-nat by die huis aangekom in Stellenbosch.Kamersvol geskenke- 'n groot sukses!!
Nou ja vir my was dit n groot opoffering want ek moes die hele tyd na die kinders kyk terwyl my vroutjie geld verdien. Is maar bly ek is nie huisvrou nie hoor. Soms is dit baie lekker om net soggens by die huis uit te stap en die skreeuende kindertjies tuis te los by hul mammie.
Nou ja om terug te kom by die mark. Dit was baie harde werk maar ek dink op die ou end was dit def die moeite werd. Nou moet die 100 verskaffers betaal word en wat oorbly kry die vroutjies. Hoop maar ek kry ietsie lekkers vir kersfees.
Baie mense het vir Evette kom se hoe great die mark was en ek moet se dat dit defenitief nie jou gewonde Kerk kermis mark is met koeksisters en gebreide poppe nie. O nee hierdie mark was n ervaring n belewenis met ambiaans in die hartjie van die Boland tussen die berge.
Weldone girls!!
Wednesday, October 24, 2007
Reghard Muller
'n Mens verstaan nie die dinge nie, maar ons vertrou die Here van Ps 139 dat hy ten volle in beheer is. Tans is hulle besig met toetse en ons vertrou dat die behandeling goed sal werk.
Ons gebede is met julle!!
Wereld beker en diesmeer
Intussen is ons die nuwe wereld beker Rugby camps!! Ai dit bly maar lekker om te wen ne!
Ons het die aand gaan potjies kos eet by Leon en Carien de Klerk. Jan en Amelia hulle was ook daar. Yes.. Leon het vir ons 'n fantastiese Karoolam potjie gemaak. 'n Vleis pot en groente pot apart.
Half nege was almal gereed voor die TV. Nie baie opwindende wedstryd in die sin van driee nie maar n wen is n wen. Vir my voel dit maar onwerklik en kom dit amper nie by 1995 se oorwinning nie. Seker omdat ons toe die All Blacks gewen het. Engeland was nie vir my n uitdagings nie.
Na die game moes ons toe huis toe ry deur Somerset Wes se hoofstraat. Almal le op hul toeters en die Lombards was ook nie agter in die koor nie. Isabella was te dierbaar met haar uitbindige uitroepe "Springbokke" "Sprongbokke". Dis asof ek haar nogsteeds hoor skreeu.
Sondag 21ste Oktober was ons soos een man in die bed. Almal lekker moeg en ek en Evette het mekaar afgelos in sessies van 4 ure se geslaap helder oor dag. Die aand was ek nogsteeds in my pajamas.
Ek het my hoender en chips besigheid in die mark. Het 'n getekende offer Vrydag gehad maar die koper het die aand weer kop uitgetrek. Moet se dit was n slegte emosionele ervaring veral omdat dit deur een persoon se opinie van die besigheid gebeur het.
Maar nou ja as alles maklik was, was almal seker ryk of iets. Ps 139 het vir my weer die naweek groot betekenis gekry, want mens wonder...weet God van my, waar is God,...hoekom kry ons swaar, dink God aan my. Dan kom Ps 139 en se Ja, Hy dink aan jou meer as die sand korrels op aarde. Gaan maak die som deur die bevolking op aarde (ek dink 7 biljoen) te gaan maal met die aantal sand korrels. Dis hoe geweldig ons God is en hoe baie hy aan jou situasie dink.
Geniet jou dag!
Thursday, October 11, 2007
Jaco Swart van New Zealand
"Hi julle geliefdes
Ek glo julle kan darem seker nou jul springbok truie openlik dra nadat NZ uit is?
Vertel my bietjie, wat is die reaksie in NZ oor jul verloor? Is die mense huilerig, is die ekonomie af, selfmoord syfer opgeskiet?
Wat se die man op straat, wat het gebeur?? Sal graag wil weet.
Is julle ook hartseer? Hoop nie so nie. Kyk ons het al vrede gemaak dat julle nou in NZ sal aftree, en later ook vir die NZ sal skreeu, maar ai dit bly darem baie lekker om die ou grootte uit die toernooi te sien.
Hoor graag van julle."
"Hallo Tolla
Goed om van jou te hoor. Moet sê ek was nogal jaloers toe ek die foto`s sien van julle naweek daar by Tietiesbaai. Dit bly maar een van die top 5 plekke in my lewe. Ok waar jy by die vuur sit en die hoender braai, ek kon sommer die reuk hier ruik.
Wat die AB`s betref, hier by ons aan huis was dit amper soos dood in die familie. Ek het daardie Sondag gepreek in die kerk en toe al die voorbereidings getref die Saterdag aand (die game was 0800 tot 1000 die Sondag oggend hier uitgesaai), sodat ek die So oggend alles kon kyk. So tussen my Weetbix en koffie, het die nood al hoe groter geword en dit was nie vir die toilet nie. Ek kon nie glo wat was besig om te gebeur nie. Het depressed gevoel tot die Dinsdag. Die geluk is dat ons daremm nog 1 span het om voor te skreeu. Hoop net die Bokke klop die Pumas. In NZ was daar ongeloog op almal se gesigte te sien. Niemand kon dit glo nie. Hulle was so seker dat hulle ten minste in die final sou wees. `n Gedeelte van die publiek eis almal se koppe. Daar is glo reeds `n kommissie aangestel om die redes te soek. Graham Henry se kontrak verval in Maart volgende jaar, maar hy sal glo einde Desember gedank - hulle begin al klaar spekuleer wie die nuwe afrigter sal wees. Gister met die span se aankoms in NZ is hulle darem baie goed ontvang en daar was glo baie mense by die lughawe. Ek dink nie hulle verdien dit nie, het goed gespeel en net hule beste gelewer.
Wat is die gees daar by julle oor die rugby, word die Bokke darem deur almal ondersteun? Dink jy hulle gaan dit maak?
Sterkte verder daar vir jou en die familie.
Verlange
Jaco"
"Hi Jaco
Nee ons is nog windgat!! En Leon Schusther het 'n nuwe CD uit van hier kom die bokke..... en die Hanne, ...Maar waas die MANNE!! Ons is die MANNE!! Verder heers daar ongekende vreugde oor NZ se verloor asook die Aussie sin. Almal praat darvan, om elke braaivleis vuur. Ons verlekker ons almal baie. Epos grappies en fotos waar die ouens huil vlieg die hele syberspice vol. Bly maar lekker.
Die NZ Herald skryf wraggies nog dat die AB die beste span is en was ten spyte van die verloor. Maar ons in SA vra, ….wie lig die beker? En ons wil geen JA, maar’s hoor nie.
Soos jy kan hoor Jaco…ONS IS NOU DIE MANNE!!. (hoop nie ek gaan my woorde later sluk nie…sal bitter wees)
Ons is almal op ons senuwee vir die Pumas maar daar heers n hoopvolle afwagting vir die game Sondagaand. Seker Maandag oggend by julle in NZ. Jy sal dit maar net moet kyk.
Almal dink dit gaan ons en die Franse wees op 20 Okt in die eindstryd. Dan gaan ons die hanne se kamme knoop!!
Jaco, sterkte en groete tuis en stuur bietjies fotos van julle aan!! Asseblief, asook van julle klaargeboude huis en tuin ensovoorts
Die Springbok man"
Wednesday, October 10, 2007
Die afgelope tyd
Ek het lanklaas iets laat hoor van ons maar dit gaan goed. Ek was Maandag en Dinsdag weg gewees Karoo toe en toe oorgeslaap by my vriende op George. Henry en Friedel Pratt.
Ek het gaan werk op my projekte. Eindlik meer vergaderinge gaan bywoon en gelei.
Ons familie huur die einde van die jaar Henry se plaashuis naby Waenhuiskrans saam met my skoonfamilie en sien baie daarna uit. Miskien sien ons vir Magdel en Jan Hendrik van 7de laan ook daar. Hulle het mos ook n huis daar naby.
Kom ek begin eers by die naweek se rugby. Ek het gewerk by Zebro en het die Aus vs Eng game slegs vanaf die 2de helfte gesien, maar ai dit was baie lekker om die Aussies so te sien huil. Ek en Terry en Stephen het toe die aand die NZ vs Frankryk game gaan kyk in Gino's op die big screen. Wat 'n fees om ook NZ te sien huil. Veral nadat hulle gese het (soos gelees in die Burger) dat hul die beste span in die wereld is. Vat so-in your face!!!
Nou ja ons is deur halfeind toe en behou goeie hoop op die eindstryd teen Frankryk!
Verder gaan dit goed tuis. Die kinders word gou groot. Selfs net een nag se uitslaap en hulle voel sommer groter toe ek hul weer gister aand sien.
Wednesday, October 3, 2007
Ons blomme meisie



Tuesday, October 2, 2007
Constant en Minki se troue
Wat 'n heerlike fees was dit nie. Isabella (ons 4,5 jarige dogterjie) was een van haar blomme meisietjies en is voor die tyd opgemaak en aangetrek by Lanzeraz. Die haartjies was gedoen en sy was te pratig met haar rooi rokke. Teen die tyd kan sy al die "r" baie mooi se. So 6 maande gelede sou sy gepraat het van haar "looi lokkie". Sy was in die eerste swart BMW 4x4 wat opgedaag het by die Moederkerk. Minki en haar Pa Herman was in die tweede swart BMW 4x4.
Wat nogal vreemd was vir die troue is dat daar hordes sekeriteits manne was. Almal in swart geklee. Niemand van ons mag van die bruidspaar fotos geneem het nie tot 11 uur die aand. Blykbaar begin die rapport dan print vir Sondag. Julle moes sien hoe die mense toe 11 uur die aand hul digitale kameras uitpluk en begin fotos neem. Ek het lateraand gese hulle moet my nou ophou afneem. Grappie.
Anyway terug by die kerk. As jou naam nie op die lys was nie kon jy nie ingaan by die kerk nie. Laat my dink aan die hemel. 'n Klomp sekurtiteits manne het Minki omring met swart sambrele sodat gee steel fotograaf haar kan afneem voor sy ingaan nie. Minki hulle het pragtig ingestap op die troumars. Bly maar n mooi oomblik. Isabella het doodstil gesit deur die hele diens lanks die strooi meisies. Te pragtig vir woorde. Ds Braam Hanekom het hul getrou.
Na die diens is hulle by die sydeur uit, weereens om die fotograwe te vermy. (Dis die prys om bekend te wees). Daarna is ons onthaal toe by Nooitgedagt net buite Stellenbosch. Alles was baie great en smaakvol. Daar kon ons weereens nie fotos neem van die bruidspaar nie. Huisgenoot en Top Billing het die alleen regte gehad. Ek het in die proses hand geskud net Big Brother, Ferdie (nou familie van my want hy is getroud met Minki se man, Constant se suster) en Jo-Ann Strauss van Top Billing (kyk uit vir Top Billing een van die dae) . Nenna (Cherleen Surtie Richards) van Egoli was die seremonie meester. Sy was nogal baie snaaks.
Verder was daar nogal nie baie seleps nie. Andrew Hall (krieket), Rob Louw (oud springbok rugby man) en Michelle Mcclean (Namibia, en voormalige Mej Heela). Dit is omtrent dit. En O ja, natuurlik ek en Evette!!
Ons kinders was by Jan en Amelia van Zyl vir die aand, so ons kon heerlik kuier en dans tot ou nag toe. Dit is deesdae 12 uur vir my.
Opgesom kan ek se dit was een groot fees. Dankie Herman en Carien vir n great troue!!
Monday, September 24, 2007
Tietiesbaai 21 tot 24 Sept 2007
Daai lekker middag slapies bestaan nie meer nie, maar ek weier om dit te aanvaar. Hoop dat dit eendag weer daar sal wees. Dit was Saterdag my 39ste verjaarsdag. Behalwe dat ek my gesin moes herrinner so teen 9 uur die oggend dat ek verjaar was dit n lekker dag!!

Thursday, September 20, 2007
Langnaweek by Tietiesbaai
Vrydag oggend, 21 Sept.Ek het vanoggend 7 uur begin werk sodat ek al 3:30 kan loop by die werk. Ons caravaan is gisteraand gepak en sit reg vir die Wes kus. Ons beplan om vir 3 nagte te gaan staan by Tietiesbaai.
Ons het al daar gaan staan en die kinders geniet dit vreeslik. Nie eindlik 'n swem see nie want die water is te koud maar dis net 'n heerlike rustige wegkom naweek. Die weer voorspelling lyk nie so goed nie maar ons hoop maar vir die beste.
Wednesday, September 19, 2007
Leeu Gamka werks trip
Ek het gister eers gaan plante oplaai in Tulbagh by die bosbou kwekery daar en daarna via Ceres gery na Leeu Gamka toe. Die pad vat jou deur Ceres, oor die Theronsberg pas waarna jy dan afdraai om net voor Touwsrivier by die N1 aantesluit.
Die spesifieke pad het twee spesiale goed aan hom:
1. Dit was die pad wat my pa altyd skoolkar gery het vanaf Middelpos deur die Ceres Karoo na Wellington waar ons op Hoerskool was.

2. Net voor die N1 indraai is daar n plaas wat aan die weermag behoort het waar ons vir 4 weke was tydens ons basiese opleiding in 1987. Hier het ek vir die eerste keer geskiet met ‘n R4 geweer en geleer om die R4 in die nag uitmekaarte haal en weer aan mekaar te sit. As ek reg onthou kon ek dit doen binne 1 min. Those were the days!
Hier is 'n foto van die padbord wat ek laat opsit het lanks die pad by Leeu Gamka.
So as julle weer daarlanks ry draai gerus in.
Die manne sny hare
ergste skade en skade is gelukkig verby na sewe jaar se geoefen.Evette wou eers vir Christopher ‘n styl sny maar toe hy so n keel opsit het ons besluit dat ‘n No4 kammetjie maar die ding gaan wees en is die Wahl masjientjie voor ingedruk en agter uitgekom. Lyk my dit gaan maar die patroon wees vir die volgende jaar of twee.
Ons hare se sny het egter die klimaat laat verander want vanaf Sondag het ons dag temperature begin klim tot lekker middel 20’s.
Sondag het Martin en Wilma Grobler en hul 3 kinders by ons kom braai. Ek ken vir Martin deur my vriend Jan van Wageningen van Knysna. Martin het ook saam gejag met ons Willowmore trip in Junie vanjaar en hy is een van die manne wat baie hard geval het toe die jag bakkie se relings breek toe ons om die draai gaan.
Die arme man!! Hier is 'n foto van Martin en sy vrou Wilma.
Thursday, September 13, 2007
Nutritional Brands
Hier is iets meer oor hulle op hul website www.nutribrands.co.za
"At Nutritional Brands we believe in healthy living and we enable people to just that!
Specialised Nutritional Brands (Nutribrands) was created in 2006 to manufacture and distribute nutritional products of the highest quality. Our professional team is committed to excellence and we strive to be a market leader in the nutritional products arena.
The wellness industry is in its infancy stage in South Africa, but major trends have already been established by health education and benefit programme initiatives. The first South African health shop franchise was only launched in 2006, but into a yet untapped market. We at Nutritional Brands pride ourselves in our ability to attract top quality nutritional products to the South African Market.
One such product is NucleoTM.
NucleoTM has been developed to be distinctively unique and no other product exists like it at present. The reason for this is that 43 well-researched nutritional bio-actives have been added to this one product. NucleoTM aims to take the concept of 'all-in-one' to a new level!"
Jacques de Bruin (Evette se broer) is een van die top manne by Nutritional Brands. Kontak hom gerus!! Op hierdie stadium kry ek geen verwysings fooi nie en doen slegs die aanbeveling omdat hulle produkte uitstekend is!
"Jacques de Bruin holds a Masters Degree in Electronic Engineering. As an entrepreneur he has pioneered various business projects and ventures and he is currently serving as director with The Source Nutrition Projects (Pty) Ltd. Jacques networks internationally with business networks and funding agencies and is a vital part of the success of our team."
If you could but see !!
Ek vertrou dat dit vandag vir jou ook van groot waarde sal wees as jy dit lees.
The Trumpet by Bill Burns-- Little children, if you could but see. If you could see with eyes of vision the future that I have for you. If you could perceive the destiny that I have for you. If you could understand that even before the beginning of time it was purposed in My Father's heart to bring you forth in glory and cause you to walk in places that you have not experienced. Do not be afraid, for I shall indeed give you hind's feet that you may climb upon the high mountains and come up to the Mountain of the Lord. You have heard that this is your greatest hour, and it is so. But, the enemy is raging against you, and you have endured times of warfare that have weakened you and caused you to doubt and even to despair. But, I say that if you will call on Me I will renew in you a strong and healthy spirit. So, arise in this moment and find new life. Arise and receive the favor of your Father. Forget those things which are behind, and press toward the mark of the high calling of My Father's purpose for you and you alone. Come today and lift up your voice in praise. Lift up your voice with thanksgiving, for you shall surely be renewed, says the Lord God.
Small Straws In A Soft Wind by Marsha Burns-- Just as deep calls to deep, My Spirit calls to your spirit to come up higher. I have gone before you to prepare a place, a new plateau in the spirit realm where you will know Me and experience My presence as never before. Quiet your soul; do you hear the cry of the Spirit? Do you feel the stirring within you? I am the Way-maker, says the Lord, and I have set a path before you. So now, come. Move to the sound of My leading, you who have ears to hear!
Psalms 42:7 Deep calls unto deep at the noise of Your waterfalls.
Terug by die werk
Ek het besluit om my rugby poll te verwyder want dit is heel duidelik dan Namibia dit gaan wen. Vandag verjaar my vriend Heiko Weck. Baie geluk en mag jy n baie mooi jaar beleef. Vrede vir julle in Windhoek.
Geloof. Ek gaan tans deur 'n gym sessie om my geloof spiere te bou. Dit vat baie uit my uit want ek vertrou die Here vir n paar dinge in my lewe wat moet draai. Ek is ingeteken op 'n epos Spirit of Prophecy Bulletin van Bill and Marsha Burns. Hulle noem dit: Small Straws In A Soft Wind
Hier is gister se gedeelte deur Marsha Burns
September 12, 2007: Rise up to meet the challenges of every circumstance with the assurance of complete victory. This is faith. I have equipped you to overcome every problem by the power and authority I have given you. Believe that you are above only and not beneath, and you will be victorious in all things. Every time you adopt the attitude of a victim you are not exercising your faith, but at the very least are double-minded and perhaps even in unbelief. Stir yourself up to walk in the Spirit by faith, says the Lord.
Ons is tot alles in staat deur Christus Jesus wat ons die krag gee!!
Sunday, September 9, 2007
Namibia wen wereld beker 2007!!
Volgens my blog opname oor wie ons lesers dink die Wereld beker rugby gaan wen het Namibia bo uitgekom. Dit nogal met ‘n oorweldingende meerderheid van 26 stemme teen slegs 4 stemme vir die Bokke.
Dan was daar ook nog wraggies 2 stemme vir die All Blacks en 1 vir die Aussies. Ek kan dit nie
glo nie veral nadat die Springbokke, Namibia verneder het met 103 – 14 in Kaapstad ‘n maand gelede.My stelsel kan ongelukkig nie verhoed dat een persoon slegs eenkeer kan stem nie. Daar word dus onraad vermoed . Veral een van my blog lesers word daarvan verdink dat hy aanhoudend vir Namibia gestem het. Hy is ‘n ene Mnr Hi-tjie Weck van Windhoek. Hy was te bang om rugby te speel toe ons saam in Majuba was op Stellenbosch.
Nou moet ons gedurig na epos video clips kyk van sy seun Miggie Migiel (foto hierbo) hoe hy een drie na die ander druk om klipharde grond rugby velde van Namibia. Moet sê selfs ek is beindruk met klein Weck se drie druk vermoë. Maar hier het ons nou ‘n tipiese Pa wat sy droom uitleef deur sy seun.
Viva die Bokke viva!!
Siek verlof
Vandag is Sondag 9 September. Kan nie wag vir 3:30 wanneer die Bokke afskop vir hul eerste WB game teen Samoa.
Die onvermydelikheid het toe gebeur. Ek is saterdag na my dokter toe en eks ge-bed tot Woensdag toe. Na twee weke van griep, spierpyne en hoofpyne kon ek net nie meer nie. Come hell or high water maar nou gaan ek rus, want die afgelope twee weke was ek in George, Beaufort Wes, Henkries (op die Namibiese grens), Bredarsdorp en Grabouw toe.
Dit alles onder die redelike druk van die Hollanders wat ek moes vergesel. Nie alles was darem vir my sleg nie want hulle het my ook redelik uitgeneem vir aand en middag etes (Lanserca en wijnhuis ondermeer) maar werk by werk ne. Moet se ek het dit geniet en as dit nie vir my gedurige siekte was nie so dit baie lekker gewees het.
Goed, terug by die huis. Alles gaan goed. Dit lyk of die lente stadig maar seker begin kop uitsteek. Ons groot wilgerboom begin maak sy eerste nuwe blare en die jasmyn staan in blom. Met die kinders gaan dit goed. Hulle is n handvol en ek dink ek sal seker altyd daarna verwys. Ek dink ‘n mens moet op 23 trou en al jou kinders he voor 30. Want hulle vat en vra alle laaste energie uit n mens uit. Miskien voel ek seker net nou so want Evette is tans saam met my op antibiotika vir brongitis en griep. Die een wat die beste op n bepaalde oomblik voel gee aandag aan die kinders. Veral in nag is daar eers n redelike relaas oor wie moet opstaan as die kinders huil. Moet se hulle huil darem nie te veel in die nag nie maar glo my teen 5h30 is hulle wakker en wil hulle gewoontlik dadelik aandag he.
Ons oggend roetine is iets soos volg:
Een van die twee kinders stap teen 5h30 of 6h00 in ons kamer in en se dat hulle wil gaan TV kyk.
Dan staan ek of vroulief op en sluit die gangdeur oop en sit al die nodige ligte aan en ook die TV. Soggens is daar redelike kinder programme op TV1. Ons het nie Mnet of DSTV nie
Die kinders word in komberse toegedraai voor die TV en daar gaan ons. Soms stel ek n DVD voor en word dan spesifiek verwys na een. En pasop as ek ‘n kortpad wil vat om Chicken Little optesit in plaas van Cinderella. Dan kry jy nog Cinderella 1 en 2. Isabella weet presies wat sy wil he.
Dan gaan maak ons Oats pap. 1 Koppie Oats en 3 koppies water in ‘n plastiese bak vir 7 min in die mikrogolf oond doen die ding.
Dan koffie vir mammie en pappie.
Ek probeer dan om weer vir so 10 min te gaan warm word in die bed maar Owee, dan roep Isabella. Pappa waar is my pap, ek wil pap he.
Klink dit bekend aan iemand ? Ons werk hard aan die maniere maar laat soms Gods water oor Gods akker loop.
Nou ja so begin elke dag min of meer. My getroue blog lesers sal sien dat ons redelik skryf oor ons kinders want hulle is so n belangrike deel van ons daaglikse bestaan dat hulle redelik die “show” steel.
Thursday, September 6, 2007
Pasop vir Outsurance
Vandag was ek saam met die Hollanders Bredarsdorp toe vir nog meetings oor hul lae koste verhittings model. Heel uitputtend weereens veral omdat ek so siek is. Ek hoes geel sluim uit. (sorry blog lesers vir die detail maar dis maar n naar storie die)
Yes moet vir julle se dat as dinge skeef loop dan loop dit lekker skeef. Ons het so 5 maande gelede hierdie great sisteem via ons geyser ingesit was warm water omsit in gedistilleerde water. Na ons naweek weg kom ons toe aan hy n huis met koue water. Dit het die vorige keer ook gebeur dat sodra jy die sisteem vir twee of meer dae nie gebruik nie hy outomaties afskakel en dan nie weer wil aanskakel nie. Wat 'n gemors, maar ons vriend Sarel wat n glasblaser is en die sisteem aan ons bemark het, help darem baie. Ons is sy proefkonyne en sal eers later betaal as al die pyne uitgesort is.
Anyway teen gister aand wat dit dag twee sonder n warm stort. Griep sweet en al is ons maar weer sweet sweet in die bed geklim net ons teen 1 uur vanoggend water te word van water wat deur ons plafon le en drip en drip en drip. Op daai oomblik kry jy jouself baie jammer. Ons motor is laasweek ingebruik en geprobeer steel met die gevolg dat 'n nuwe deurslot en starter my R4500 kos. En wat is Outsurance se bybetaling- slegs R1410. Kan jy dit glo!! Ek het later vir Darryl van Outsurance gevra om met 'n afrikaans sprekende mens te praat want my engelse taal het my in die steek gelaat veral toe ek hulle presies vertel wat ek dink van hul diens en hul kamma wonderlike TV advertensies van presies hoe oulik hulle is. In kort ek kon hulle nie meer lekker in engels uit%$# nie.
Die water is darem teen vanmiddag 5 uur herstel en ek kon nie meer wag nie en het maar 'n lou stort verkies bo my gesweete liggaams reuke.
Tuesday, September 4, 2007
Die dam loop oor
Terug in Stellenbosch en lekker moeg en gatvol siek gewees. Ons hele gesin hoes en ek en Evette is lekker siek. Vandag op pad terug het ons gou gestop lanks die Clanwilliam dam om Christopher se doek te ruil. Hier staan hy by die dam wal afgeneem. Die dam is 100% vol en daar is twee sluise oop. Nogal lekker om te sien.Ek het vanoggend vanaf Henkries terug gery en die gesin gaan oplaai op Vanrhynsdorp waar ons 'n lekker maar uitputtende naweek gehad het. Die kindertjies is net te veel vir Oupa en Ouma, veral ouma se senuwees hou dit nie, veral as die huis so deurmekaar begin raak. Ons het maar net weer besef dat my ouers nou ouer word en dat ons nie meer vir langer as twee dae by hulle aan huis kan gaan oorbly nie.
Moet se ons griep toestand het daartoe bygedra want ons was bykans die hele naweek net in die huis.
Anyway ons is terug by die huis wat great is. More ry ek die 3 Hollanders weer in die Boland area rond as deel van my werk. Nou gaan ek eers slaap. Hoop die kinders slaap goed vanaand wat ek en Evette is retig gedaan. Net weer Evette hulle se website. Hy is nou "live"
www.kamersvol.com
Cheers!!
Sunday, September 2, 2007
Vanrhynsdorp naweek
Oupa Nico hulle het my darem dadelik begin dokter met pille en hoesstroop saam met brandewyn en tab. Miskien was dit laasgenoemde maar vanaand (Sondag aand) voel ek heel wat beter.
Ai wat n voorreg is dit nie nog om 'n ouers huis te he nie. Moet se ons geniet dit vreeslik. Die kindertjies is mal oor oupa en ouma veral oor die chips, droewors en skuinskoek en die sweets. Dryf natuurlik hul ma teen die mure uit na dag twee en ek moet dit hoor dat ek saamspan in die hele komplot van verkeerd eet.
Die weer is glad nie goed om te gaan blomme kyk nie en ons was ook almal te siek daarvoor. Evette hoes ook kwaai en eindlik is ons almal moeg en uitgeput. Sowaar 'n uitkoms hier by ons ouers. Shoe kinders grootmaak is maar vir my en Evette nie maklik nie. Miskien is dit makliker vir ander ouers maar kyk dis nie kinderspeletjies nie. Veral Christopher is op 'n moeilike stadium van nie kan praat en frustrasies met komminikasie ensovoort.
Ek moet more oggend Papendorp toe (naby Vredendal) om te gaan werk vir Casidra. Ons bou 'n voel uitkyk punt daar en ek moet die materiaal lys gaan kontroleer want al die materiaal was eens op n tyd daar maar....
More middag 2 uur kom laai my baas my op in Vanrhynsdorp en ry ons dan Henkries toe (Naby Vioolsdrif) vir ons 3 maandelikse bestuurs vergadering. Evette en die kinders bly agter tot Dinsdag middag wanneer ons weer terug ry Stellenbosch toe.
Wag ek moet gaan want hoor weer 'n kind huil.... of is dit 'n vrou??
Thursday, August 30, 2007
Isabella en Minki

Wednesday, August 29, 2007
Twee dae op die pad
Gister oggend is ons in twee voertuie Beaufort Wes toe na 'n tonnel projek daar. Vandaar is die hollanders terug George toe en ek via Leeu Gamka terug Stellenbosch toe. Was heel uitgeput toe ek by die huis kom, maar moes sommer dadelik weer inspring om die kinders te help bad ensovoorts. Saam met dit voel ek baie sleg met lyfseer en keelseer en verkoue. Die ding wil maar net die los nie.
Sunday, August 26, 2007
Nuwe afdak
Ek het die afmetings gemaak. Die hout balke gaan koop asook die sinkplate en polikarkonaat plate wat deurskynend is want ons wil nie soseer die son heeltemal uitblok nie. Ek het toe oor ‘n kwessie van ‘n paar weke die dak stelsigmatig opgesit. In die proses het ek nie my waterpas levels lekker reg gekry nie en die water afloop is maar flouerig. Ek het nie genoeg val toegelaat nie. (Wil iemand miskien ‘n dak laat opsit, ek sal kom kwoteer.) Inteendeel, daar is ‘n deel aan die onderpunt van my afdag waar die water staan en nie afloop nie. Sal nou maar ‘n nuwe plan moet maak met dit.Die twee strukture met die twee pilare elk het ek egter laat doen deur messelaars. Ek het die eerste twee manne na dag twee in die pad gesteek omdat hulle volgens my te stadig
gewerk het, want ek moes hulle per dag betaal het. Het agterna gedink dat ek miskien te hard op hulle was. ‘n Paar dae later het ek die volgende twee manne n kans gegee en hulle het vir my toe die pilare opgesit en gepleister. Ek was tevrede met hulle job. Die 4 pilare het ons vir R500 elke gekoop by Pipino lanks die N1 nabt Kraaifontein.Nou moet ek nog net die vissie laat water spoeg (ons water fonteintjie) dan is ons afdak klaar. Moet se ons geniet dit al klaar baie.
Vriende oor vir 'n braai
Ons probeer om een keer per kwartaal by een van ons te eet. As ‘n mens ook nie moeite maak met mekaar nie kan jy maklik jou vriendskaps bande verloor. Hulle is vir ons regtig baie speasiale vriende veral omdat ons kinders amper ewe oud is. Die kinders het lekker saam gespeel. Thomas hulle woon in die Paarl en Janco hulle woon op 'n plaas naby Villiersdorp.
Friday, August 24, 2007
Evette op Pasella
Evette , Amelia en Wanda dryf vanjaar se kamersvol geskenke. Kyk gerus na hul website by http://www.kamersvol.com/ vir meer inligting. Evette en Amelia het die maak en opmaak van kreatiewe geskenke gedemonstreer aan Pasella kykers. Moenie hieride episode misloop nie.Die program wat op die 5de September uitgesaai gaan word se tema is “Gee”. Charlene Truter was die aanbieder met die verfilming. Dit was baie interresant om te sien hoe hulle so ‘n shoot doen en Evette se 5 min Woensdag aand op TV het sowat 4 ure gevat om gedoen te word. Sy moes die aksies oor en oor doen en dan is daar ook van verskillende hoeke ook nog afgeneem.
Ek en Evette het saam met die Pasella span middagete geeet.
Die twee kinders
heeltemal pink.Isabella wat kan ek nog van jou se.
Haar antwoord:
“Ek het baie speelgoed”
“By ouma is daar ook speelgoed baie”
“Ek hou van swem in ouma se swembad”
Isabella is volgens Evette hoogs kreatief. Sy teken feetjies, hasies en prinsesse en blomme, paddas en bye.
Christopher gaan van die begin van die jaar af ook na ‘n skooltjie toe nl Suikerklontjies.

Hy is n regte suikerklontjie. Het ook goed aangepas. Hy kan nog nie eindlik praat nie en mompel die meeste van die tyd. Hy sê om een of ander rede maklik “uit hê”, ook eina, mamma en Ouma, dors en stap (heel nuutste). Hy is mal oor water. As daar ‘n plasie water is speel hy daarmee. Gooi graag water.
Hy kan sy ma teen die mure uitdryf as hy eers begin kerm en huil. Maar hy is die duurbaarheid van self. Byt nog af en toe sy sussie en is baie lief om pad te vat. Ons moet omtrent hom dophou anders loop hy weg soos toe hy Paasnaweek vanjaar vir meer as ‘n halfuur weg was by die Bulshoek dam. Dit was erge drama. Hy het na die naaste werkershuise gestap en ons het gedink hy het in die dam geval.
Zanzibar vakansie Junie 2006
Ons was die laaste week van Junie 2006 vir 9 nagte Zanzibar toe. Oupa en Ouma de Bruin het na ons kinders gekyk en dit was vir ons soos n tweede honeymoon.
agmark met die heelike visgeregte en seekosse. Ons was ook vir 5 nagte lanks die eiland se ooskus by Paje.Die begin storie
Die doel van hierdie website/blog is om dagboek te hou waarop ons eendag kan terug kyk op ons familie se ervaringe en opgroei. Asook om dit te deel met die mense na aan ons.
Ons familie het gegin op 22 Januarie 2000 om 5 uur die middag onder 'n groot Kamfer boom by Bien Donne plaas tussen Paarl en Franschhoek. Daar het ons, Christoff Lombard en Evette de Bruin trou beloof aan mekaar.
Sewe jaar later het die Here ons geseen met twee pragtige kinders. Isabella is nou 4 jaar en 3 maande en Christopher, nou 2 jaar en 6 maande.
Tans woon ons nogsteeds op Stellenbosch in Die Boord.
Ons lief en leed wil ons graag met julle deel.























