Wednesday, September 19, 2007

Die manne sny hare

Saterdag middag die 15de was hare sny dag vir die Lombard manne. As Evette nou ‘n fout sou maak is daar darem nog twee weke oor voor Minki se troue. So ons hare kan darem ‘n bietjie herstel. Maar teen die tyd weet Evette al wat om te doen en die ergste skade en skade is gelukkig verby na sewe jaar se geoefen.

Evette wou eers vir Christopher ‘n styl sny maar toe hy so n keel opsit het ons besluit dat ‘n No4 kammetjie maar die ding gaan wees en is die Wahl masjientjie voor ingedruk en agter uitgekom. Lyk my dit gaan maar die patroon wees vir die volgende jaar of twee.

Ons hare se sny het egter die klimaat laat verander want vanaf Sondag het ons dag temperature begin klim tot lekker middel 20’s.


Sondag het Martin en Wilma Grobler en hul 3 kinders by ons kom braai.

Ek ken vir Martin deur my vriend Jan van Wageningen van Knysna. Martin het ook saam gejag met ons Willowmore trip in Junie vanjaar en hy is een van die manne wat baie hard geval het toe die jag bakkie se relings breek toe ons om die draai gaan.

Die arme man!! Hier is 'n foto van Martin en sy vrou Wilma.

No comments: