Sunday, September 9, 2007

Namibia wen wereld beker 2007!!

Namibia wen wereld beker 2007!

Volgens my blog opname oor wie ons lesers dink die Wereld beker rugby gaan wen het Namibia bo uitgekom. Dit nogal met ‘n oorweldingende meerderheid van 26 stemme teen slegs 4 stemme vir die Bokke.

Dan was daar ook nog wraggies 2 stemme vir die All Blacks en 1 vir die Aussies. Ek kan dit nie glo nie veral nadat die Springbokke, Namibia verneder het met 103 – 14 in Kaapstad ‘n maand gelede.

My stelsel kan ongelukkig nie verhoed dat een persoon slegs eenkeer kan stem nie. Daar word dus onraad vermoed . Veral een van my blog lesers word daarvan verdink dat hy aanhoudend vir Namibia gestem het. Hy is ‘n ene Mnr Hi-tjie Weck van Windhoek. Hy was te bang om rugby te speel toe ons saam in Majuba was op Stellenbosch.

Nou moet ons gedurig na epos video clips kyk van sy seun Miggie Migiel (foto hierbo) hoe hy een drie na die ander druk om klipharde grond rugby velde van Namibia. Moet sê selfs ek is beindruk met klein Weck se drie druk vermoë. Maar hier het ons nou ‘n tipiese Pa wat sy droom uitleef deur sy seun.





Hier is n redelike onlangse foto van Mnr Heiko Weck, die vermeende blog blaffer!!





Ek voorspel dat Namibia laaste in hulle Groep gaan eindig en gevra sal word om asb nie weer op internationale vlak rugby te speel nie. Kom ons kyk liewers Keetmanshoop teen Rehobot.

Viva die Bokke viva!!

1 comment:

Heiko said...

HaHa jou blog is al amper by 80% in Nam se guns, en ons het amper die Iere opgeneuk. Kyk hoe voeter ons vir Frankryk op volgende keer.

Jy moet ophou leuens verpsrei oor een van die laaste vriende wat jy nog oorgehad het...