Friday, August 24, 2007

Die twee kinders

Isabella is op ‘n baie oulike stadium. Teen die tyd praat sy bykans alles en ‘n mens moet maar versigtig praat voor haar. Sy is tans by Tia in Lofkleuters waar sy baie goed aangepas het die afgelope jaar en ‘n half. Sy is veral baie lief vir inkleur. Veral pink. Al haar prente is gewoonlik heeltemal pink.

Isabella wat kan ek nog van jou se.
Haar antwoord:
“Ek het baie speelgoed”
“By ouma is daar ook speelgoed baie”
“Ek hou van swem in ouma se swembad”

Isabella is volgens Evette hoogs kreatief. Sy teken feetjies, hasies en prinsesse en blomme, paddas en bye.

Christopher gaan van die begin van die jaar af ook na ‘n skooltjie toe nl Suikerklontjies.
Hy is n regte suikerklontjie. Het ook goed aangepas. Hy kan nog nie eindlik praat nie en mompel die meeste van die tyd. Hy sê om een of ander rede maklik “uit hê”, ook eina, mamma en Ouma, dors en stap (heel nuutste). Hy is mal oor water. As daar ‘n plasie water is speel hy daarmee. Gooi graag water.

Hy kan sy ma teen die mure uitdryf as hy eers begin kerm en huil. Maar hy is die duurbaarheid van self. Byt nog af en toe sy sussie en is baie lief om pad te vat. Ons moet omtrent hom dophou anders loop hy weg soos toe hy Paasnaweek vanjaar vir meer as ‘n halfuur weg was by die Bulshoek dam. Dit was erge drama. Hy het na die naaste werkershuise gestap en ons het gedink hy het in die dam geval.

No comments: