Sunday, August 26, 2007

Nuwe afdak

Ons het onlanks ‘n afdak opgesit in ons binnehof. Nou kan ons vanuit ons sitkamer buitentoe stap sonder om nat te reën. Die foto hier wys hoe die dak lyk. Ek het die dak self opgesit en vol nogal baie trots daarop.

Ek het die afmetings gemaak. Die hout balke gaan koop asook die sinkplate en polikarkonaat plate wat deurskynend is want ons wil nie soseer die son heeltemal uitblok nie. Ek het toe oor ‘n kwessie van ‘n paar weke die dak stelsigmatig opgesit. In die proses het ek nie my waterpas levels lekker reg gekry nie en die water afloop is maar flouerig. Ek het nie genoeg val toegelaat nie. (Wil iemand miskien ‘n dak laat opsit, ek sal kom kwoteer.) Inteendeel, daar is ‘n deel aan die onderpunt van my afdag waar die water staan en nie afloop nie. Sal nou maar ‘n nuwe plan moet maak met dit.

Die twee strukture met die twee pilare elk het ek egter laat doen deur messelaars. Ek het die eerste twee manne na dag twee in die pad gesteek omdat hulle volgens my te stadig gewerk het, want ek moes hulle per dag betaal het. Het agterna gedink dat ek miskien te hard op hulle was. ‘n Paar dae later het ek die volgende twee manne n kans gegee en hulle het vir my toe die pilare opgesit en gepleister. Ek was tevrede met hulle job. Die 4 pilare het ons vir R500 elke gekoop by Pipino lanks die N1 nabt Kraaifontein.

Nou moet ek nog net die vissie laat water spoeg (ons water fonteintjie) dan is ons afdak klaar. Moet se ons geniet dit al klaar baie.

1 comment:

Heiko said...

Slag tyd vir 'n nuwe storie, magtag, hoe lank vat dit vir jou om iets op die blog te sit?