Wednesday, August 29, 2007

Twee dae op die pad

Ek het Maandag oggend dou voor dag George toe gery vir 'n vergadering met Dept Landbou en 3 Hollanders. Hulle is van die firm Fiwihex en "claim" dat hulle greenhouse/tonnel met lae koste energie kan verhit en verkoel. Na die powerpoint lesing is ons toe na Suraya Cassiem (die BEE vroue boer wat ek help) se plaas in die Langkloof. Al hoewel sy nog nie haar eie tonnels het nie wou hulle gaan kyk na haar proteas.

Gister oggend is ons in twee voertuie Beaufort Wes toe na 'n tonnel projek daar. Vandaar is die hollanders terug George toe en ek via Leeu Gamka terug Stellenbosch toe. Was heel uitgeput toe ek by die huis kom, maar moes sommer dadelik weer inspring om die kinders te help bad ensovoorts. Saam met dit voel ek baie sleg met lyfseer en keelseer en verkoue. Die ding wil maar net die los nie.

No comments: