Ons probeer om een keer per kwartaal by een van ons te eet. As ‘n mens ook nie moeite maak met mekaar nie kan jy maklik jou vriendskaps bande verloor. Hulle is vir ons regtig baie speasiale vriende veral omdat ons kinders amper ewe oud is. Die kinders het lekker saam gespeel. Thomas hulle woon in die Paarl en Janco hulle woon op 'n plaas naby Villiersdorp.
Die weer het wonderlik saam gespeel nadat dit vanjaar 'n baie laaang winter was met heelwat reen. En winter is nog nie eers verby nie. Gister was 'n pragtige sonskyn dag.
Ek sien Suid Afrika het in n opwarmings wedstryd vir die wereld beker rugby gisteraand vir Scotland 27 - 3 gewen. Ons het nie M-net nie en het maar so deur die gekuier dit op die radio geluister.
Hier is die familie Mouton:
Ester
James



2 comments:
Dis 'n slag tyd dat ons weer 'n bietjie saam braai, ou pellie.
Ons is baie jaloers, kan ons die volgende braai in New York hou seblief?!
Post a Comment