Sunday, September 9, 2007

Siek verlof


Vandag is Sondag 9 September. Kan nie wag vir 3:30 wanneer die Bokke afskop vir hul eerste WB game teen Samoa.

Die onvermydelikheid het toe gebeur. Ek is saterdag na my dokter toe en eks ge-bed tot Woensdag toe. Na twee weke van griep, spierpyne en hoofpyne kon ek net nie meer nie. Come hell or high water maar nou gaan ek rus, want die afgelope twee weke was ek in George, Beaufort Wes, Henkries (op die Namibiese grens), Bredarsdorp en Grabouw toe.

Dit alles onder die redelike druk van die Hollanders wat ek moes vergesel. Nie alles was darem vir my sleg nie want hulle het my ook redelik uitgeneem vir aand en middag etes (Lanserca en wijnhuis ondermeer) maar werk by werk ne. Moet se ek het dit geniet en as dit nie vir my gedurige siekte was nie so dit baie lekker gewees het.

Goed, terug by die huis. Alles gaan goed. Dit lyk of die lente stadig maar seker begin kop uitsteek. Ons groot wilgerboom begin maak sy eerste nuwe blare en die jasmyn staan in blom. Met die kinders gaan dit goed. Hulle is n handvol en ek dink ek sal seker altyd daarna verwys. Ek dink ‘n mens moet op 23 trou en al jou kinders he voor 30. Want hulle vat en vra alle laaste energie uit n mens uit. Miskien voel ek seker net nou so want Evette is tans saam met my op antibiotika vir brongitis en griep. Die een wat die beste op n bepaalde oomblik voel gee aandag aan die kinders. Veral in nag is daar eers n redelike relaas oor wie moet opstaan as die kinders huil. Moet se hulle huil darem nie te veel in die nag nie maar glo my teen 5h30 is hulle wakker en wil hulle gewoontlik dadelik aandag he.

Ons oggend roetine is iets soos volg:
Een van die twee kinders stap teen 5h30 of 6h00 in ons kamer in en se dat hulle wil gaan TV kyk.
Dan staan ek of vroulief op en sluit die gangdeur oop en sit al die nodige ligte aan en ook die TV. Soggens is daar redelike kinder programme op TV1. Ons het nie Mnet of DSTV nie
Die kinders word in komberse toegedraai voor die TV en daar gaan ons. Soms stel ek n DVD voor en word dan spesifiek verwys na een. En pasop as ek ‘n kortpad wil vat om Chicken Little optesit in plaas van Cinderella. Dan kry jy nog Cinderella 1 en 2. Isabella weet presies wat sy wil he.
Dan gaan maak ons Oats pap. 1 Koppie Oats en 3 koppies water in ‘n plastiese bak vir 7 min in die mikrogolf oond doen die ding.
Dan koffie vir mammie en pappie.
Ek probeer dan om weer vir so 10 min te gaan warm word in die bed maar Owee, dan roep Isabella. Pappa waar is my pap, ek wil pap he.

Klink dit bekend aan iemand ? Ons werk hard aan die maniere maar laat soms Gods water oor Gods akker loop.

Nou ja so begin elke dag min of meer. My getroue blog lesers sal sien dat ons redelik skryf oor ons kinders want hulle is so n belangrike deel van ons daaglikse bestaan dat hulle redelik die “show” steel.

1 comment:

Heiko said...

Heerlikheid broer, wie dra die broek in jou huis? Jy is 'n skande vir die manlike geslag!
Sit jou voet neer en laat jou vrou die kinders vroemore voer. Wat is fout met jou, is jy ruggraatloos?

Tipies van vandag se Suid-afrikaanse mans. Julle sal meer as Delarey nodig he om julle reg te help!

Julle moet leer by ons Suidwesters. My vrou ken haar plek.