Sunday, September 2, 2007

Vanrhynsdorp naweek

Ons is gister oggend vroeg uit Stellenbosch en het so teen 11:30 op Vanrhynsdorp aan gekom. Ek het maar swaar bestuur want my hele lyf was so seer van die griep of verkoue en ek hoes my longe uit.

Oupa Nico hulle het my darem dadelik begin dokter met pille en hoesstroop saam met brandewyn en tab. Miskien was dit laasgenoemde maar vanaand (Sondag aand) voel ek heel wat beter.

Ai wat n voorreg is dit nie nog om 'n ouers huis te he nie. Moet se ons geniet dit vreeslik. Die kindertjies is mal oor oupa en ouma veral oor die chips, droewors en skuinskoek en die sweets. Dryf natuurlik hul ma teen die mure uit na dag twee en ek moet dit hoor dat ek saamspan in die hele komplot van verkeerd eet.
Die weer is glad nie goed om te gaan blomme kyk nie en ons was ook almal te siek daarvoor. Evette hoes ook kwaai en eindlik is ons almal moeg en uitgeput. Sowaar 'n uitkoms hier by ons ouers. Shoe kinders grootmaak is maar vir my en Evette nie maklik nie. Miskien is dit makliker vir ander ouers maar kyk dis nie kinderspeletjies nie. Veral Christopher is op 'n moeilike stadium van nie kan praat en frustrasies met komminikasie ensovoort.

Ek moet more oggend Papendorp toe (naby Vredendal) om te gaan werk vir Casidra. Ons bou 'n voel uitkyk punt daar en ek moet die materiaal lys gaan kontroleer want al die materiaal was eens op n tyd daar maar....

More middag 2 uur kom laai my baas my op in Vanrhynsdorp en ry ons dan Henkries toe (Naby Vioolsdrif) vir ons 3 maandelikse bestuurs vergadering. Evette en die kinders bly agter tot Dinsdag middag wanneer ons weer terug ry Stellenbosch toe.

Wag ek moet gaan want hoor weer 'n kind huil.... of is dit 'n vrou??

1 comment:

Heiko said...

As jy naby vioolsdrif is, is jy darem nader aan die beskawing net Noord van jou. die land van melk en heuning le en wag vir jou net anderkant die Oranje. Kom kuier bietjie man