Ons begin ons storie op 24 Augustus 2007!
Die doel van hierdie website/blog is om dagboek te hou waarop ons eendag kan terug kyk op ons familie se ervaringe en opgroei. Asook om dit te deel met die mense na aan ons.
Ons familie het gegin op 22 Januarie 2000 om 5 uur die middag onder 'n groot Kamfer boom by Bien Donne plaas tussen Paarl en Franschhoek. Daar het ons, Christoff Lombard en Evette de Bruin trou beloof aan mekaar.
Sewe jaar later het die Here ons geseen met twee pragtige kinders. Isabella is nou 4 jaar en 3 maande en Christopher, nou 2 jaar en 6 maande.
Tans woon ons nogsteeds op Stellenbosch in Die Boord.
Ons lief en leed wil ons graag met julle deel.
Friday, August 24, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Tolla,
Net so paar regstellings. Ek was ook daar onder die groot boom.
Daar is kopiereg op my blog se goed, jou skelm!
As ek reg onthou was daar nog altyd twyfel of die kinders joune was? Was Jan van Wageningebigeningeneigenin nie die pa nie? Jy moet jou feite bymekaar hou, pellie!
Sterkte met die blog
Post a Comment