
Minki en Constant Visser trou die 29 ste September en die familie is omtrent in 'n beroering. Almal is op 'n streng dieet, soek nou al pakke klere en die meeste is heeltemal te veel gespanne. Maar dis maar in die familie en after all - dis tog 'n groot ding.
Nou soos julle sien is ons genooi na die troue. Sorry vir al julle wat gaan uitmis want dit behoort 'n groot party te wees. Isabella is al vreeslik opgewonde.
Hier is nog 'n fototjie waar Isabella haar rokkie aanpas.

1 comment:
Is jou ou buddy Graham Smith ook genooi? Laas was julle mos dik pelle toe hy nog met Bienkie uitgegaan het, toe staan julle hand om die lyf in jou agterplaas en braai, ne? Wanneer pos jy daai foto op die blog?
Post a Comment