Friday, August 24, 2007

Zanzibar vakansie Junie 2006

Ons was die laaste week van Junie 2006 vir 9 nagte Zanzibar toe. Oupa en Ouma de Bruin het na ons kinders gekyk en dit was vir ons soos n tweede honeymoon.
Ek plaas n paar fotos want dit sal baie meer se as wat ek hier kan skryf. Dit was vir ons n ongelooflike tyd van RUS en wegkom.
Stonetown staan uit met sy klomp doolhowe en markte. Mmmm.. veral daai nagmark met die heelike visgeregte en seekosse. Ons was ook vir 5 nagte lanks die eiland se ooskus by Paje.

Dit was Worldcup sokker 2006 op daardie stadium en ons het letterlik in die aande op die stand gaan sokkerkyk op n BIG screen in n restaurant, heerlik geeet aan seekos geregte en drankies gedrink, dan gaan slaap tot laat oggende. Daarna het ons gaan le in die son tot 12h00 waarna ons weer gaan eet en slaap het tot die aand om dan net weer te gaan uiteet.

Wat n fees!!

Kan Zanzi vir enige iemand aanraai wat wil gaan rus.

3 comments:

Heiko said...

Ag nee man,

Zanzibar sal seker nooit weer dieselfde wees nie!

Unknown said...

Buon giorno miei cari figli,

Julle is oulik hoor!!
Nou begin die poppe dans en sien ons uit na die opvolg.

Kapituit, tot wederom.
Arrivederci,
Amore mamma catrien.

Heiko said...

Hierdie foto is 'n fake! Dis nie hoe Tolla deesdae lyk nie. Kyk hier vir die regte foto:

http://picasaweb.google.com/HeikoWeck/Tolla2/photo#5102317500565235698