Hier volg onlangse eposse tussen my en my vriend Jaco Swart wat nou al bykans 5 jaar in NZ woon en op n visplaas werk.
"Hi julle geliefdes
Ek glo julle kan darem seker nou jul springbok truie openlik dra nadat NZ uit is?
Vertel my bietjie, wat is die reaksie in NZ oor jul verloor? Is die mense huilerig, is die ekonomie af, selfmoord syfer opgeskiet?
Wat se die man op straat, wat het gebeur?? Sal graag wil weet.
Is julle ook hartseer? Hoop nie so nie. Kyk ons het al vrede gemaak dat julle nou in NZ sal aftree, en later ook vir die NZ sal skreeu, maar ai dit bly darem baie lekker om die ou grootte uit die toernooi te sien.
Hoor graag van julle."
"Hallo Tolla
Goed om van jou te hoor. Moet sĂȘ ek was nogal jaloers toe ek die foto`s sien van julle naweek daar by Tietiesbaai. Dit bly maar een van die top 5 plekke in my lewe. Ok waar jy by die vuur sit en die hoender braai, ek kon sommer die reuk hier ruik.
Wat die AB`s betref, hier by ons aan huis was dit amper soos dood in die familie. Ek het daardie Sondag gepreek in die kerk en toe al die voorbereidings getref die Saterdag aand (die game was 0800 tot 1000 die Sondag oggend hier uitgesaai), sodat ek die So oggend alles kon kyk. So tussen my Weetbix en koffie, het die nood al hoe groter geword en dit was nie vir die toilet nie. Ek kon nie glo wat was besig om te gebeur nie. Het depressed gevoel tot die Dinsdag. Die geluk is dat ons daremm nog 1 span het om voor te skreeu. Hoop net die Bokke klop die Pumas. In NZ was daar ongeloog op almal se gesigte te sien. Niemand kon dit glo nie. Hulle was so seker dat hulle ten minste in die final sou wees. `n Gedeelte van die publiek eis almal se koppe. Daar is glo reeds `n kommissie aangestel om die redes te soek. Graham Henry se kontrak verval in Maart volgende jaar, maar hy sal glo einde Desember gedank - hulle begin al klaar spekuleer wie die nuwe afrigter sal wees. Gister met die span se aankoms in NZ is hulle darem baie goed ontvang en daar was glo baie mense by die lughawe. Ek dink nie hulle verdien dit nie, het goed gespeel en net hule beste gelewer.
Wat is die gees daar by julle oor die rugby, word die Bokke darem deur almal ondersteun? Dink jy hulle gaan dit maak?
Sterkte verder daar vir jou en die familie.
Verlange
Jaco"
"Hi Jaco
Nee ons is nog windgat!! En Leon Schusther het 'n nuwe CD uit van hier kom die bokke..... en die Hanne, ...Maar waas die MANNE!! Ons is die MANNE!! Verder heers daar ongekende vreugde oor NZ se verloor asook die Aussie sin. Almal praat darvan, om elke braaivleis vuur. Ons verlekker ons almal baie. Epos grappies en fotos waar die ouens huil vlieg die hele syberspice vol. Bly maar lekker.
Die NZ Herald skryf wraggies nog dat die AB die beste span is en was ten spyte van die verloor. Maar ons in SA vra, ….wie lig die beker? En ons wil geen JA, maar’s hoor nie.
Soos jy kan hoor Jaco…ONS IS NOU DIE MANNE!!. (hoop nie ek gaan my woorde later sluk nie…sal bitter wees)
Ons is almal op ons senuwee vir die Pumas maar daar heers n hoopvolle afwagting vir die game Sondagaand. Seker Maandag oggend by julle in NZ. Jy sal dit maar net moet kyk.
Almal dink dit gaan ons en die Franse wees op 20 Okt in die eindstryd. Dan gaan ons die hanne se kamme knoop!!
Jaco, sterkte en groete tuis en stuur bietjies fotos van julle aan!! Asseblief, asook van julle klaargeboude huis en tuin ensovoorts
Die Springbok man"
Thursday, October 11, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment