Ons het Maandag die skokkende nuus gehoor dat een van Isabella se speelskooltjie maatjies, Reghard Muller die oggend gediagnoseer is met leukemia. Hy is maar 4,5 jaar oud. 'n ou Seuntjie en een van Isabella se groot maatjies. Ons ken die Corrie en Sulinda goed en ons harte gaan uit na hulle.
'n Mens verstaan nie die dinge nie, maar ons vertrou die Here van Ps 139 dat hy ten volle in beheer is. Tans is hulle besig met toetse en ons vertrou dat die behandeling goed sal werk.
Ons gebede is met julle!!
Wednesday, October 24, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment