Wednesday, October 24, 2007

Wereld beker en diesmeer

Tyd vlieg so vinnig dat dit amper twee weke gelede is wat ek geblog het.

Intussen is ons die nuwe wereld beker Rugby camps!! Ai dit bly maar lekker om te wen ne!
Ons het die aand gaan potjies kos eet by Leon en Carien de Klerk. Jan en Amelia hulle was ook daar. Yes.. Leon het vir ons 'n fantastiese Karoolam potjie gemaak. 'n Vleis pot en groente pot apart.

Half nege was almal gereed voor die TV. Nie baie opwindende wedstryd in die sin van driee nie maar n wen is n wen. Vir my voel dit maar onwerklik en kom dit amper nie by 1995 se oorwinning nie. Seker omdat ons toe die All Blacks gewen het. Engeland was nie vir my n uitdagings nie.

Na die game moes ons toe huis toe ry deur Somerset Wes se hoofstraat. Almal le op hul toeters en die Lombards was ook nie agter in die koor nie. Isabella was te dierbaar met haar uitbindige uitroepe "Springbokke" "Sprongbokke". Dis asof ek haar nogsteeds hoor skreeu.

Sondag 21ste Oktober was ons soos een man in die bed. Almal lekker moeg en ek en Evette het mekaar afgelos in sessies van 4 ure se geslaap helder oor dag. Die aand was ek nogsteeds in my pajamas.

Ek het my hoender en chips besigheid in die mark. Het 'n getekende offer Vrydag gehad maar die koper het die aand weer kop uitgetrek. Moet se dit was n slegte emosionele ervaring veral omdat dit deur een persoon se opinie van die besigheid gebeur het.
Maar nou ja as alles maklik was, was almal seker ryk of iets. Ps 139 het vir my weer die naweek groot betekenis gekry, want mens wonder...weet God van my, waar is God,...hoekom kry ons swaar, dink God aan my. Dan kom Ps 139 en se Ja, Hy dink aan jou meer as die sand korrels op aarde. Gaan maak die som deur die bevolking op aarde (ek dink 7 biljoen) te gaan maal met die aantal sand korrels. Dis hoe geweldig ons God is en hoe baie hy aan jou situasie dink.

Geniet jou dag!

No comments: